JOIN OUR MAILING LIST


Die voorkoms van leerlinge lê ons na aan die hart en daarom is dit belangrik dat hulle netjies op hulle persoon en voorkoms is.

ALGEMEEN

- Skooldrag is by Power Stores in die dorp beskikbaar.

- Die skool is nie verantwoordelik vir enige verliese van skooldrag nie, alhoewel billike voorsorg getref sal word deur die personeel.

- Alle stukke moet duidelik gemerk wees.

DOGTERS

SOMER

Wit skoolhemp, Donkerblou brompies, Wit sokkies, Swart Skoolskoene

SEUNS

SOMER

Grys skoolhemp, Grys kort- of langbroek, Grys kouse, Swart Skoolskoene

WINTER

Trui met skoolwapen, Gewone donkerblou baadjie met skoolwapen, Wit langmou skoolhemp, Donkerblou langbroek, Donkerblou das met skoolwapen, Wit sokkies en Swart skoolskoene

WINTER

Trui met skoolwapen, Gewone donkerblou baadjie met skoolwapen, Grys langmou skoolhemp, Grys langbroek, Donkerblou das met skoolwapen, Grys sokkies, Swart skoolskoene

(Leerlingraad se baadjie kry koord om. Die woord "leerlingraad" verskyn op die hemp, trui, baadjie en das.)

VOORKOMS VAN LEERLINGE

HARE

Hare mag nie gekleur of gekartel word nie. Kuiwe mag nie oor wenkbroue hang nie.

SEUNS

- ore moet oop wees en hare mag nie in die nek krul nie

- geen lang hare of poniesterte word toegelaat nie

- hare moet netjies gekam wees

- geen "steps" of "gel" word toegelaat nie

DOGTERS

- skouerlengte- of langer hare mag nie los gedra word nie

- kuiwe of langer hare moet met knippies of bande vasgebind word sodat hare nie in die oë val wanneer 'n leerling skryf nie

- hare mag nie in krulletjies of slierte langs die gesig hang nie

- SLEGS wit, donkerblou of swart rekkies, bolletjies en knippies word toegelaat

- Indien hare in 'n verskydenheid van vlegsels gedra word, moet dit tot een poniestert saamgebind word.

NAELS

- Indien die hand van die palm se kant bekyk word, mag die naels nie by die vingerpunte verbysteek nie - naels moet te alle tye skoon wees geen naellak word toegelaat nie.

JUWELE

- seuns mag GEEN juwele dra nie (behalwe polshorlosies of "Medic Alert" kettinkie)

- dogters mag slegs 'n enkele eenvoudige oorringetjie of knoppie aan die oorbel dra (slegs silwer of goud). Ringetjie se buiterand mag nie groter as 10mm wees nie. Geen ander juwele toegelaat nie.

- Geen grimering mag gedra word nie.

- Slegs lapelwapens deur die skool voorsien, mag gedra word.

- L.W. Ongemagtigde juwele sal afgeneem word en aan die einde van die dag terugbesorg word. Indien 'n tweede keer oortree, sal dit eers aan die einde van die kwartaal terugbesorg word.

 

Terug Terug na bo